DIE AKSIE VAN AFHANKLIKES: DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL GEE ’N TELEURSTELLENDE TERUGWAARTSE STAP Brooks v Minister of Safety and Security 2009 2 SA 94 (HHA)

Authors

  • J Neethling
  • JM Potgieter

DOI:

https://doi.org/10.17159/obiter.v30i2.12440

Keywords:

onderhoudsplig, reg op (sodanige) onderhoud, beskermingswaardige reg

Abstract

In ’n reeks beslissings voor Brooks v Minister of Safety and Security (2009 2 SA 94 (HHA)) het die Hoogste Hof van Appèl ’n groot mate van regsekerheid gebring oor die grondslag van en vereistes vir die aksie van afhanklikes. Hiervolgens is die belangrikste vereistes die volgende. Eerstens moet die broodwinner, terwyl hy geleef het, ’n (inter partes regtens afdwingbare) onderhoudsplig teenoor die afhanklike gehad het. Die bestaan van ’n onderhoudsplig is onderworpe aan die kwalifikasies dat die afhanklike sorgbehoewend is en die broodwinner in staat is om in die onderhoud te voorsien. Tweedens moet die afhanklike ’n (teenoor derdes regtens beskermingswaardige) reg op (sodanige) onderhoud gehad het. Die bestaan van ’n beskermingswaardige reg op onderhoud moet aan die hand van die boni mores-onregmatigheidsmaatstaf bepaal word.

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

23-09-2021

How to Cite

J Neethling, & JM Potgieter. (2021). DIE AKSIE VAN AFHANKLIKES: DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL GEE ’N TELEURSTELLENDE TERUGWAARTSE STAP Brooks v Minister of Safety and Security 2009 2 SA 94 (HHA). Obiter, 30(2). https://doi.org/10.17159/obiter.v30i2.12440

Issue

Section

Cases

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>