DELIKTUELE AANSPREEKLIKHEID WEENS ’N LATE: IS DIE ONDERNEMER SY KLANT SE HOEDER?

Authors

  • J Neethling

DOI:

https://doi.org/10.17159/obiter.v30i3.12417

Keywords:

rule of delict, liable for failure to protect others, wrongfulness, reasonablenes

Abstract

Dit is gevestigde reg dat ’n persoon wat versuim om te verhoed dat ’n ander skade ly, in die reël nie deliktueel onregmatig handel nie, of soos dit kripties in Saaiman v Minister of Safety and Security (2003 3 SA 496 (O) 503) gestel word: “The general rule of delict is that no one is held liable for doing nothing. This is trite law.” Positief gestel, is sodanige late dus prima facie regmatig. “Onderliggend aan dié uitgangspunt is die gedagte dat niemand sy broer se hoeder is nie”. Regsbeleidsoorwegings hiervoor is onder andere dat ’n algemene regsplig om benadeling van andere deur positiewe optrede te voorkom, ’n te swaar las op persone in die gemeenskap sou plaas, asook dat dit tot chaos kon lei “[i]f every individual were liable for failure to protect others against loss”, aangesien “each would be compelled, in order to avoid liability, to run around and busy himself with the affairs of his neighbours”. “Society is [dus] hesitant”, soos dit in Cape Town Municipality v  Bakkerud (2000 3 SA 1049 (HHA) 1054) verwoord word, “to impose liability in law for, as it is sometimes put, ‘minding one’s own business’”. Daarom moet daar in elke besondere geval bepaal word of daar inderdaad ’n regsplig was om positief op te tree ten einde benadeling te vermy, en dit word beantwoord aan die hand van die redelikheids- of boni moresonregmatigheidsmaatstaf. In Van Eeden v Minister of Safety and Security (Women’s Legal Centre Trust, as amicus curiae) (2003 1 SA 389 (HHA) 395; sien ook Minister of Safety and Security v Hamilton 2004 2 SA 216 (HHA) 229) word dit so gestel: “The appropriate test for determining wrongfulness [of an omission] has been settled in a long line of decisions of this Court. An omission is wrongful if the
defendant is under a legal duty to act positively to prevent the harm suffered by the plaintiff. The test is one of reasonableness. A defendant is under a legal duty to act positively to prevent harm to the plaintiff if it is reasonable to expect of the defendant to have taken positive measures to prevent the harm.” In die onlangse tyd het daar ’n hele paar gevalle voor die howe gedien waar klante van ondernemers op sakepersele benadeel is. Drie sodanige gevalle verdien nadere beskouing, naamlik waar ’n klant op ’n gladde
winkelvloer gly en beseer word, waar ’n klant op ’n besigheidsperseel geskiet word, en waar ’n klant se motor op die parkeerterrein van ’n besigheid gesteel word. In al hierdie gevalle is die primêre vraag of die betrokke ondernemer sy klant se hoeder is, met ander woorde, of daar ’n regsplig op die ondernemer gerus het om die klant se benadeling te voorkom het. Sekondêr kom die vraag na die ondernemer se nalatigheid (en kousaliteit) ter sprake. 

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

22-09-2021

How to Cite

J Neethling. (2021). DELIKTUELE AANSPREEKLIKHEID WEENS ’N LATE: IS DIE ONDERNEMER SY KLANT SE HOEDER?. Obiter, 30(3). https://doi.org/10.17159/obiter.v30i3.12417

Issue

Section

Notes

Most read articles by the same author(s)