STATUTêRE BEVOEGDHEID: DIE ROL VAN REDELIKE VOORSIENBAARHEID BY ONREGMATIGHEID EN NALATIGHEID Premier, Western Cape v Faircape Property Developers (Pty) Ltd 2003 6 SA 13 (SCA)
DOI:
https://doi.org/10.17159/obiter.v25i2.14868Keywords:
statutêre bevoegdheidAbstract
Tradisioneel word twee beginsels by die regverdigingsgrond statutêre bevoegdheid gestel: Eerstens moet die statuut die aantasting van die betrokke belang regverdig; en tweedens moet die benadelende handeling nie die grense van die bevoegdheid wat deur die wet verleen word, oorskry nie. Die vraag of die statuut die aantasting van die belang veroorloof, hang uiteraard van die bedoeling van die wetgewer af wat uit die wet self blyk en volgens beginsels van wetsuitleg bepaal word. Die vraag of die grense van die magtiging oorskry is, word beantwoord deur vas te stel of die skade nie deur redelik uitvoerbare maatreëls verhoed of verminder kon gewees het nie. In hierdie verband word soms gesê dat die verweerder aanspreeklik is indien hy sy bevoegdhede op ‟n “nalatige” wyse uitgeoefen het en die eiser daar-deur skade berokken het.