TOEPASSING VAN ISLAMITIESE REG IN SUID-AFRIKA Hassam v Jacobs [2008] 4 All SA 350 (C)

Authors

  • Pieter Bakker

DOI:

https://doi.org/10.17159/obiter.v29i3.12630

Keywords:

Islamic Law

Abstract

Suid-Afrika bestaan uit 'n heterogene samelewing wat verskeie kultuur- en geloofsgemeenskappe insluit wat van dag tot dag volgens hulle eie persoonlike reg leef, ongeag of dit amptelik deur die staat erken word of nie. Een van hierdie gemeenskappe is die Moslems wat volgens Islamitiese reg leef. Hulle persoonlike reg geniet tans beperkte erkenning. Bepaalde gevolge van Moslemhuwelike word deur regspraak en wetgewing erken, alhoewel die huwelik as instelling nie erken word nie (soortgelyk aan die posisie van die inheemse huwelik voor die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998). Islamitiese reg maak voorsiening vir poligene huwelike. Die howe was aanvanklik nie bereid om die gevolge van de facto poligene huwelike te erken nie of het eerder versuim om die
gevolge na poligene huwelike uit te brei aangesien die huwelik voor die hof de facto monogaam van aard was. Onlangs is daar egter 'n paar sake beslis waarin bepaalde gevolge van de facto poligene Moslemhuwelike erken word. Een van hierdie sake is Hassam v Jacobs ([2008] 4 All SA 350 (C)). Die uitspraak is een van vele wat erkenning gee aan die gevolge van Moslemhuwelike. Die Hassam-uitspraak gaan ’n stap verder en erken die status van ’n langslewende gade in ’n poligene Moslemhuwelik. Daar was onlangs ook ander sake wat bepaalde gevolge van de facto poligene Moslemhuwelike erken het.  Die bespreking fokus nie op die beginsels van die intestate erfreg nie, maar eerder op die toepassing van Islamitiese reg deur die hof. Aangesien Islamitiese reg nie uitdruklik erken word nie, moet bepaal word hoe Islamitiese reg deur die hof toegepas word. Word Islamitiese reg as deel van ons landsreg beskou of word dit as vreemde reg toegepas? Verder word die hof se toepassing van Islamitiese reg op die feite van die saak krities bespreek.

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

22-10-2021

How to Cite

Pieter Bakker. (2021). TOEPASSING VAN ISLAMITIESE REG IN SUID-AFRIKA Hassam v Jacobs [2008] 4 All SA 350 (C). Obiter, 29(3). https://doi.org/10.17159/obiter.v29i3.12630

Issue

Section

Cases