BEWYS VAN ’N GEBRUIKLIKE HUWELIK KRAGTENS ARTIKEL 3(1)(B) VAN DIE WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998 Southon v Moropane [2012] ZAGPJHC 146

Authors

  • Pieter Bakker

DOI:

https://doi.org/10.17159/obiter.v34i3.12010

Keywords:

gebruiklike huwelike

Abstract

Alle gebruiklike huwelike gesluit na die inwerkingtreding van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 op 15 November 2000 moet voldoen aan die geldigheidsvereistes in artikel 3 van hierdie wet. Gebruiklike huwelike gesluit voor 15 November 2000 word erken as aan die tradisionele gewoonteregtelike vereistes vir ’n gebruiklike huwelik voldoen word (a 2). Om ’n geldige gebruiklike huwelike na 15 November 2000 te sluit moet die partye ouer as 18 jaar wees, beide moet toestem tot die sluiting van ’n gebruiklike huwelik en die huwelik moet “ooreenkomstig die gewoontereg beding en gesluit of voltrek word” (a 3(1)). As ’n minderjarige party ’n gebruiklike huwelik wil sluit, moet die party addisionele toestemming van sy of haar voog(de) of die Minister van Binnelandse Sake, afhangende van die geval, verkry (a 3(3)–(5)). Die wet laat poliginie toe en ’n man mag in ’n tweede of verdere gebruiklike huwelik tree as hy reeds ’n party tot ’n gebruiklike
huwelik is. Artikel 7(6) vereis dat hy ’n geskrewe kontrak wat sy huweliksgoedere-bedeling vir sy bestaande en toekomstige gebruiklike huwelike reguleer aan die hof vir goedkeuring voorlê. Nie-nakoming van artikel 7(6) affekteer egter nie die geldigheid van die tweede of verdere huwelik nie. Van al die vereistes vir ’n geldige gebruiklike huwelik na 15 November 2000 gesluit, verskaf artikel 3(1)(b) die meeste probleme. Dit is dan ook hierdie vereiste waarop die huweliks-ontkenner staatmaak wanneer hy die gevolge van sy huwelik of egskeiding wil ontduik. In die lig hiervan word die beslissing van die Suid-Gauteng-hoë hof, Southon v Moropane ([2012] ZAGPJHC 146) bespreek.

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

17-08-2021

How to Cite

Pieter Bakker. (2021). BEWYS VAN ’N GEBRUIKLIKE HUWELIK KRAGTENS ARTIKEL 3(1)(B) VAN DIE WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998 Southon v Moropane [2012] ZAGPJHC 146. Obiter, 34(3). https://doi.org/10.17159/obiter.v34i3.12010

Issue

Section

Cases