ARBEIDSREGTELIKE ONTWIKKELING VAN DIE GEMENEREG: QUO VADIS?
DOI:
https://doi.org/10.17159/obiter.v33i3.12139Keywords:
gemeneregAbstract
Gedurende die afgelope paar jaar het interessante tendense in arbeidsregtelike verband neerslag gevind – tendense wat aan die een kant deur regspragmatisme gekenmerk word en te verwelkom is, maar aan die ander kant, ander wat deur 'n stremmende bekommernis oor onnodige dualisme gekenmerk word en voorgaande tendense neutraliseer. Die Suid-Afrikaanse arbeidsverhoudinge-dinamika is verteenwoordigend van die “regswoelinge” wat die afgelope aantal jare hierdie aktuele terrein van
die reg gekenmerk het. In die resente en nou reeds bekende uitspraak van Gcaba v Minister for Safety & Security (2009 30 ILJ 2623 (KH)) is die volgende insiggewende uitlating deur die Konstitusionele Hof gemaak wat van bogemelde gedagtes onderlê en realisties tipeer: “Yet the legislature, courts, legal representatives and academics often create complexity and confusion rather than clarity and guidance. In the case of fairly new legislation based on a young Constitution this is perhaps understandable”.
Die ontwikkeling van die gemenereg en meer spesifiek die gemeenregtelike dienskontrak ingevolge die konstitusionele voorskrifte van artikels 8(3) en 39(2) van die Grondwet van 1996 ten einde dit in ooreenstemming met die Handves van Menseregte te bring, het 'n welkome dog effe omstrede verloop gehad totdat dit deur 'n vreemde “ommekeer” van sienswyse tot stilstand gebring is.
Teen hierdie agtergrond sal die omstrede saak van SA Maritime Safety Authority v McKenzie (2010 31 ILJ 529 (HHA)) bespreek word waarin gemelde tendense, beslag ontvang het asook die verskillende sienswyses wat in reaksie daarop gevolg het.