GESLAGSOORDRAAGBARE SIEKTES EN DIE GESLAGSDAAD AS GEWELDSINSTRUMENT

Authors

  • JMT Labuschagne

DOI:

https://doi.org/10.17159/obiter.v25i1.16524

Keywords:

geslagsdaad, GESLAGSOORDRAAGBARE SIEKTES, GEWELDSINSTRUMENT

Abstract

In 'n beslissing van die Hoge Raad (HR) in Nederland van 24 Junie 2003 het die volgende feitestel navore getree: die beskuldigde het tussen die periode 1 Januarie 2001 tot 22 Februarie 2001 by verskeie geleenthede met die slagoffer/klaagster geslagsomgang gehad wetende dat hy met HIV besmet was en bewus daarvan was dat dit deur die geslagsdaad oordraagbaar is en uiteindelik tot die dood van die slagoffer sou kon lei. Hy het vroeër ook gedurende die periode van 1 Februarie 2000 tot 31 Mei 2000 onder dieselfde omstandighede met 'n ander vrou by meerdere geleenthede geslagsomgang gehad. Die HR moes in finale instansie beslis of dolus eventualis/kans-bewussyn teenwoordig was, met ander woorde: het die beskuldigde hom deur dié optrede aan poging tot doodslag skuldig gemaak? Die hof a quo, naamlik die Gerechtshof te 's-Gravenhage, het 'n positiewe bevinding in dié verband gemaak.
In die onderhawige bydrae word die Nederlandse reg, teen die agtergrond van die beslissing van die HR in die saak, onder die loep geneem. Daarna word die Suid-Afrikaanse reg in dié verband aan die orde gestel en 'n kritiese evaluasie onderneem van die effek wat dié problematiek op toekomstige strafregtelike ontwikkelinge kan hê.

Downloads

Download data is not yet available.

Metrics

Metrics Loading ...

Downloads

Published

24-07-2023

How to Cite

JMT Labuschagne. (2023). GESLAGSOORDRAAGBARE SIEKTES EN DIE GESLAGSDAAD AS GEWELDSINSTRUMENT. Obiter, 25(1). https://doi.org/10.17159/obiter.v25i1.16524

Issue

Section

Notes