DIE DELIKTUELE AANSPREEKLIKHEID VAN TESTAMENTOPSTELLERS

Authors

  • Elmarie Knoetze
  • André Mukheibir

DOI:

https://doi.org/10.17159/obiter.v25i1.16520

Keywords:

testamentopstellers

Abstract

Die beslissing van die Hoogste Hof van Appèl in Bekker v Naudé (2003 5 SA 173 (HHA)) dat nie-selfopgestelde vormgebrekkige testamente nie binne die trefwydte van die hof se kondoneringsbevoegdheid ingevolge artikel 2(3) van die Wet op Testamente (7 van 1953) val nie, kan verreikende gevolge vir testamentopstellers hê. In hierdie beslissing het die Hoogste Hof van Appèl beslis dat die vereiste dat die dokument “wat opgestel of verly is deur 'n persoon wat sedert die opstel of verlyding daarvan oorlede is …” veronderstel dat die dokument deur die erflater persoonlik opgestel moes wees. In casu het die appellante en haar man, Bekker, hul bank volgens gevestigde praktyk genader ten einde hulle met die opstel van hul testament behulpsaam te wees. 'n Konseptestament is opgestel, deur die bank aan die erflaters vir goedkeuring en ondertekening terugbesorg, maar Bekker het gesterf voordat die testament onderteken is. ‟n Tydperk van vyf jaar het verloop sedert die opstel van die konseptestament en die afsterwe van die oorledene in Mei 1998.
Die hof het ook by verskillende ander geleenthede beslis dat blote instruksies vir die opstel van 'n testament, sonder die daaropvolgende daarstelling van 'n testament, nie kragtens artikel 2(3) kondoneerbaar is nie. Dit laat dus ook hierdie dokumente buite die trefwydte van artikel 2(3).

Downloads

Download data is not yet available.

Downloads

Published

24-07-2023

How to Cite

Elmarie Knoetze, & André Mukheibir. (2023). DIE DELIKTUELE AANSPREEKLIKHEID VAN TESTAMENTOPSTELLERS. Obiter, 25(1). https://doi.org/10.17159/obiter.v25i1.16520

Issue

Section

Notes

Most read articles by the same author(s)

<< < 1 2