SAAKVORMING, EIENDOMSVOORBEHOUD EN SAAKLIKE SEKERHEID SONDER SEKERHEID Ukubona 2000 Electrical CC en ABB South Africa (Pty) Ltd v City Power Johannesburg (Pty) Ltd Saaknommer 155/03 HHA (ongerapporteer)
DOI:
https://doi.org/10.17159/obiter.v25i2.14872Keywords:
saaklike sekerheidAbstract
Nieteenstaande die algemene premis dat ’n skuldenaar met al sy bates aanspreeklik is vir die nakoming van sy verpligtinge jeens sy skuldeisers, is dié premis ’n skrale troos vir skuldeisers sonder saaklike sekerheid by ’n sameloop van skuldeisers weens die bankrotskap van die gemeenskaplike skuldenaar. Dit verbaas dus nie dat skuldeisers (en hul regsadviseurs) op daardie stadium na elke spreekwoordelike halm gryp in die hoop om daarmee die ergste nadelige gevolge van die skuldenaar se betalings-onvermoë te versag indien nagelaat was om tydig egte saaklike sekerheid te beding nie.