@article{Pieter du Toit_2022, title={DIE TOEPASSING VAN DIE CONTRA PROFERENTEM-REËL IN DIE VERTOLKING VAN FORMELE ERKENNINGS IN STRAFREGTELIKE VERRIGTINGE S v Groenewald 2005 2 SASV 597 (HHA)}, volume={27}, url={https://obiter.mandela.ac.za/article/view/14398}, DOI={10.17159/obiter.v27i2.14398}, abstractNote={<p>Artikel 220 van die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal dat ’n beskuldigde of sy of haar regsadviseur of die aanklaer in strafregtelike verrigtinge ’n feit kan erken wat by daardie verrigtinge in geskil geplaas is en dat sodanige erkenning voldoende bewys is van daardie feit. Artikel 220 het nie altyd ’n verwysing na die aanklaer bevat nie omdat die Staat in elk geval in terme van die gemenereg formele erkennings mag maak. Die gemenereg erken egter nie die maak van formele erkennings deur die verdediging nie (sien Schwikkard en Van der Merwe Principles of Evidence 2ed (2002) 442-443). Dit verklaar dan ook waarom die wetgewer eers in 1996 ’n wysiging aan die<br>Strafproseswet aangebring het ten einde die aanklaer ook toe te laat om erkennings in terme van artikel 220 te maak (sien artikel 12 van die Strafproseswysigingswet 86 van 1996). In die saak van <em>S v Groenewald</em> (2005 2 SASV 597 (HHA), hierna “<em>Groenewald</em>”) wat hier onder die loep geneem word, was die Hoogste Hof van Appèl geroepe om ’n bevinding te maak rakende die betekenis en die effek van ’n formele erkenning gemaak deur die verdediging waar die erkenning onversoenbaar was met die saak vir die Staat. Die Staat het geen beswaar gehad teen die formulering van die erkenning op die stadium toe dit gemaak is nie. Hierdie uitspraak bied ’n nuwe perspektief op die tradisionele benadering tot die vertolking van formele erkennings wat gemaak word in strafregtelike verrigtinge.</p>}, number={2}, journal={Obiter}, author={Pieter du Toit}, year={2022}, month={Jul.} }